Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " 'n Handvol Gruis" deur C. Louis Leipoldt
" 'n Handvol Gruis" deur C. Louis Leipoldt [boodskap #9198] Vr, 25 April 1997 00:00
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
'N HANDVOL GRUIS
C.Louis Leipoldt

'n Handvol gruis uit die Hantam -
My liewe, lekker Hantam-wyk!
'n Handvol gruis en gedroogde blare,
Waboom-blare, ghnarrabos-blare!
Arm was ek gister, en nou is ek ryk.

Arm in herinnering, arm in verbeelding,
Arm in onthou van die vroeëer jare
Deurgebring in die Hantam-wyk.
'n Handvol gras en gedroogde blare
Maak my, wat arm was, koning-ryk -

Ryk in herinnering, ryk in verbeelding,
Ryk in onthou van die vroeëer tyd
Toe die Hantam-wereld al die wereld
Vir my was in die vroeëer tyd.
'n Handvol gruis en gedroogde blare
Vertel so veel van die wonderjare
In my liewe lekker Hantam-wyk -
Waboom-blare, ghnarrabos-blare -
Arm eergister en nou skatryk!

(gepos deur gloudina bouwer)
Vorige onderwerp: "Opdrag" deur INGRID JONKER
Volgende onderwerp: "Finis" deur LINA SPIES
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 11 08:19:10 MGT 2024